WELKOM by ons!
Hier by Miertjie Kleuterkampus en Naskool is dit vir ons belangrik dat ons kinders :
Speel – Leer en Ondersoek – Veilig en Geborge Voel – Hul Verbeelding Gebruik – Ontwikkel Volgens Hul Ouderdom – Hul Persoonlikheid en Selfvertroue Ontwikkel – Die Belangrikste : Dit GENIET!!!
Panoramaweg 64, Rooihuiskraal (langs Laerskool Rooihuiskraal)
071 189 1353
info@miertjies.co.za
- Ons is ‘n Afrikaanse, Christen Skool
- Ons is OOP gedurende skoolvakansies
- Ons neem kinders in op dag-tot-dag basis gedurende vakansies
- Ons voorsien ontbyt, middagete en ‘n middagversnapering
- Ons het ‘n heerlike spyskaart met gebalanseerde etes
- Ons het weeklikse temas en aktiwiteite asook kwartaallikse in-/uitstappies.
Ons onderwyseresse is gekwalifiseer en beskik oor die nodige ondervinding.

Juf. Charmaine van Zyl
Rysmiere (4 jaar)

Juf Charlien Joubert
Soldaatmiere (Gr RR)

Marlene Kotzé
Suikermiere (18 maanda – 3 jaar)

Ouma Anna Ferreira

Zinhle Mkhomazi

Lydia Ramapuputla
Ons is ideaal geleë vir die naskool aangesien ons direk langs Laerskool Rooihuiskraal is – die kinders is glad nie blootgestel aan die verkeer nie. Die leerders word gehaal by die skool en by buitemuurse aktiwiteite. Hulle ontvang ‘n gebalanseerde maaltyd direk na skool asook broodjies en koeldrank om 15h00. Huiswerk word gedoen onder toesig en daar is studietyd vir die eksamen en toetse.
SOSIALE/EMOSIONELE VAARDIGHEID
‘n Groot gedeelte van kinders se sosiale ontwikkeling vind plaas deur verbeelding en fantasiespel. Kan jou kind op sy eie speel? Inisieer jou kind spel? Speel hy/sy graag alleen of in ‘n groep?
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE
Inkleur, uitknip, verf, herkenning van kleure, vorms en syfers.
FISIESE ONTWIKKELING
Groot-motoriese Ontwikkeling : Speel jou kind met ‘n bal, klim en klouter hy, kan hy spring, hardloop en balans hou?
Klein-motoriese Ontwikkeling : Kan jou kind blokkies bou, ‘n potlood vashou, ryg met krale, pennetjies in ‘n bord steek?
KREATIEWE ONTWIKKELING
Gestruktureerde en insidentele aktiwiteite soos musiek en beweging, liedjies sing en rympies leer, speletjies en innoverende kunsaktiwiteite.

Gemeenskapsprojek
Miertjie Kleuterkampus en Naskool wil graag ‘n Gemeenskapsprojek ondersteun en daarvoor vra ons die ouers om by ons skool skenkings te maak van alle ou speelgoed, boeke en klere. Skenkings kan op ‘n daaglikse basis gedoen word.
Ons wil dit dan graag maandeliks neem na KerkSonderMure om te versprei na hulle verskillende gemeenskapsprojekte aan behoeftige kinders.
Partytjiefasiliteit
Die skool word naweke uitverhuur as partytjie fasiliteit. Die speelgrond, badkamers en kombuis kan gebruik word.
Kontak asb die skool om te bespreek.
